Op 9 April moes ons haas uitgesit word omdat sy been vol kanker was en dit het vinnig versprei.
Sy oë kyk diep en ons sien die seer – dit breek ons harte.
Ons bid saam en vertrou op die Here.
Here U is God wat hemel en aarde geskape het en ons eer U.
By die Springs Diere Beskermingsvereniging (DBV) is ons met liefde en simpatie gehelp.
Baie dankie aan die pragtige personeel wat ons gehelp het.
Ek bid dat julle deure nooit sal toegaan nie.
Ek roep na die gemeenskap om asseblief donasies aan hulle te gee.
Wat gaan van ons diere word wat nie huise het nie en ook siek is.
Help die Springs DBV asseblief, hulle dienste is kosbaar.
Baie dankie vir julle hulp.
Die Here seën julle.
Marlene Pretorius.



