LettersOpinion

Dit was die groentemark, Bridget

Gert Parsons vertel die storie van die binnehuise sportsentrum.

Bridget by die ou mark, wat sy onlangs besoek het en waarop Gert Parsons vir haar hierdie brief gestuur het.
Bridget by die ou mark, wat sy onlangs besoek het en waarop Gert Parsons vir haar hierdie brief gestuur het.

Geagte Bridget

Verlede week het jy gevra oor die sportsentrum.

Wel hier is die geskiedenis:

Hierdie gebou was voorheen gebruik as die Springs Varsproduktemark.

Die gebou is gedurende 1936 opgerig.

Die dak se konstruksie is uniek en is van Engeland ingevoer.

Die skip wat die eerste struktuur vervoer het, het gesink onderweg hierheen en ‘n tweede struktuur moes toe dringend weer gestuur word.

Die aanvanklike vloeroppervlakte van die gebou was 2 800 vierkante meter en is deur personeel van die markmeester self bedryf.

Die produkte is daagliks opgeveil.

Gedurende 1970 is die eerste privaat firma toegelaat om hier sake te doen.

Die opveil-stelsel is afgeskaf sodat produkte op alle dae behalwe Sondae by die agente gekoop kon word.

Die omset van die mark in 1958 was R497 000; 1972, R812 000 en 1976, R3 171 000.

In 1979 is die oostelike saal met ‘n vloerruimte van 2 400 vierkante meter bygevoeg teen ‘n koste van R400 000.

Die bykomstige saal is geopen deur die destydse Minister van Landbou, sy edele PTG du Plessis.

In daardie stadium was die mark die die negende grootste varsproduktemark in die land met n omset van bykans R5-miljoen.

Na die uitbreidings het die staat die Springsmark tot ‘n nasionale varsproduktemark verklaar.

In 1980 was die totale omset R5-miljoen en in 1984 het dit aangegroei tot R11.5-miljoen.

Aan die begin van 1982 is besluit om ‘n nuwe moderne mark te bou met n vloeroppervlakte van 11 306 vierkante meter.

Dit is in 1985 in gebruik geneem.

Die Springs Stadsraad het verskeie opsies oorweeg wat om met die ou markgebou te maak.

Daar is toe besluit om dit te omskep in ‘n binneshuise sportsentrum.

Verskeie sportsoorte kon daar aangebied word en een van die eerste binneshuise atletiek-byeenkomste het hier plaasgevind.

Sederdien is dit vir baie ander funksies gebruik.

Die een gebruik wat groot teenstand van die publiek en sekere raadslede uitgelok het was toe daar ‘n nagklub op die perseel geopen is.

Gedurende 1992 het die onthaal wat na die kongres van die Transvaalse Munisipale Vereniging wat in Springs gehou is, hier plaasgevind.

Weens swak weer het selfs ‘n uitpasserings-parade van die verkeersafdeling binne die gebou plaasgevind.

Die gebou is baie solied gebou en ek glo dat dit nog vir baie jare gebruik kan word mits dit instand gehou word.

Gert Parsons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button