BlogsOpinion

Van toeka tot nou

Een dag, lank, lank gelede, was daar mense wat besluit het om, op 'n oop stuk grond, 'n dorp tot stand te bring.

Eers het dit baie klein begin, met ‘n kerk of twee en ‘n sink huisie, maar kort voor lank is dit in ‘n pragtige dorp met baie besighede omskep.

Die industriele gebied het so vinnig gegroei dat al hoe meer mense na die verre Oosrand gekom het.

Myne het ontstaan en mense het vir die skatte van die aarde gedelf, fabrieke is opgerig en kort voor lank was dit die diamant van die Oosrand.

Daar is in Vyfdelaan markdae gehou, waar ‘n gedeelte van die laan afgesluit is vir verkeer en omgeskep is in vlooimark- en kosstalletjies.

Alhoewel ek nie deel daarvan was nie, het ek wel ‘n paar keer deel gehad aan die Springs Fair – goeiste was dit nou vir jou ‘n lekker gedoente.

Die Addie-personeel het een jaar besluit om hulself op te tooi in koerantskeppings.

Gou het elkeen hul eie ontwerp gehad.

Vroeg die oggend het skole, die Addie en besighede se vlotte hul plekke ingeneem by die Springs Brandweerstasie ingeneem.

Af met Derdestraat, om tot in Tweedestraat, links in Vyfdelaan, tot by die Burgersentum.

Daar was stalletjies om van te kies en te keur.

Die Addie het sowaar ‘n prys gewen – koerant “outfits” en al.

Ai, die goeie ou dae.

Maar, soos die gesegde lui, ”Alle goeie dinge kom tot ‘n einde”.

En so het ek ook deel gehad in so stukkie geskiedenis van Springs se geskiedenis.

Maar tye verander, naby geleë stede het die mense begin lok, besighede het begin toemaak, die stigters van die dorp het oud geword en selfs gesterf.

Nou lyk ons dorpie nie meer so mooi en rooskleurig soos van ouds nie, en baie nuwe en volksvreemde tale word gepraat.

Die Afrikaans, Engels en paar Jode en Indiërwinkeleienaars, wat met liefde ons taal gepraat het, het gesluit.

Glo my, ek het ‘n paar vorige winkeleienaars ontmoet – goeie mense, maak nie saak watter kleur of taal nie.

Nou wonder ek net hoe dit moontlik is dat ons, en selfs ons stoere boere, oupas en oumas, ooms en tantes, destyds so goed oor die weg gekom het met daai mense.

Elkeen op sy plek en tog ook saam met een doel voor oë – om van Springs ‘n beter plek te maak.

Vandag sien ons nie die son oor ‘n ander skyn nie.

Meer volksvreemde mense sypel ons dorp binne, tegnologie verander by die dag, misdaad word by die dag meer en erger.

Die ouer mense glo nie daar is ‘n uitkoms nie en wonder wat van ons ou wêreld en dorp geword het.

Dat alles om ons verander is wel waar, en so sal dit nogsteeds verander as ons kinders se kinders en kleinkinders nie meer daar is nie, tot aan die einde van die aarde.

Maar dit was toe en dit is nou – oor verandering het ons geen beheer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button