BlogsOpinion

Berei jouself voor vir winter

Die winter is onvermydelik en saam met die koue weer bring dit ook nog 'n aantal vreemde kieme en siektes.

Dan is die koue wintermaande se dae nog korter ook en dit verminder die geleenthede vir buitelugontspanning en oefeninge.

Om ons liggame voor te berei vir die wintermaande, moet ons kennis neem van al die dinge wat die winter wegneem, en dienooreenkomstig vergoed daarvoor.

Soms voel dit of mens al hoe meer wil eet gedurende die koue wintermaande en meer warm vloeistowwe wil inneem in plaas van water.

Maar water is net so belangrik in die winter as in die somer. Die warm somer dae dwing ons om baie water en vloeistowwe te drink, maar dit is nie die geval in die winter nie en ‘n klomp mense blyk om te vergeet dat die winterweer ons liggame net so erg kan ontwater as in die somer.

Dit is belangrik dat jy jouself gehidreer hou ten alle tye gedurende die winter, en wees waaksaam sodat jy genoeg hoeveelhede water drink.

Alhoewel ons geneig is om al hoe meer warm vloeistowwe soos koffie, warm sjokolade en ander heerlike winterdrankies te geniet, is dit uiters belangrik dat ons nogsteeds water inneem.

Dit sal help om ‘n gesonde liggaam en gees te handhaaf.

Dit maak perfek sin om jouself geestelik en fisies voor te berei vir die koue wintermaande.

Daar is maniere om jou liggaam in gereedheid te bring vir winter siektes en om nogsteeds gesond te leef.

Een van die maniere is juis om nie af te skaal met vitamiene innames nie.

Essensiƫle vitamiene soos vitamien A en D en vitamien B kompleks is belangrik.

‘n Multi-vitamien wat saam met die res van die belangrike vitamiene en minerale gebruik word sal die liggaam sterk en vernuwe laat voel.

Hou jouself gehidreer in die winter, want dit is ‘n belangrike element in die handhawing van ‘n gesonde gees en liggaam.

Die winter blues is ‘n lelike ding en seisoensverandering affekteer dit.

Sommige mense ervaar telkens depressiewe simptome as gevolg daarvan, veral diƩ wat reeds sukkel met depressie.

Trek warm aan, maar nie te warm nie, sodat die ligaam genoeg kans kry om natuurlik te kan ventileer.

Griepinspuitings is nog ‘n uitweg, alhoewel sommige mense hoog en laag glo die inspuiting wat veronderstel is om voorkomend te wees, hulle juis verkoue of griep laat kry.

Wat jy ookal gaan doen om die bose kieme te probeer weghou of die winter blues te probeer voorkom, die winter is onvermydelik en ons moet volgens die seisoen aanpas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button