Die passievolle "lockdown-fotograwe" het weer 'n spoggerige foto-oes opgedis vir vandag. Ons verwelkom ook vir Polla Jansen Jansen van Rensburg van Vredenburg wat vandag vir die eerste keer 'n foto op blad deel.
Danie Nel van Parys het hierdie pragtige foto geneem.
Die passievolle “lockdown-fotograwe” het weer ‘n spoggerige foto-oes opgedis vir vandag. Ons verwelkom ook vir Polla Jansen Jansen van Rensburg van Vredenburg wat vandag vir die eerste keer ‘n foto op die blad deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in die komende week se uitgawe van Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Polla Jansen van Rensburg van Vredenburg het hierdie mooi sonsondergang foto geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi sonsondergang foto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het kans gekry om in feëtjieland te gaan foto’s neem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.Erica Venter van Uniondale het die pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die kunstige foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.June Bartlett van George het die mooi foto by die George Dam geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie kuntige foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie kunstige selfportret geneem.Die kunstige Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie interessante foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Sonja Hollander van Kempton Park het die kunstige natuurfoto geneem.“Kos is op die tafel”- Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die oulike foto geneem.Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige Sondondergang oor Johannesburg geneem.“Vuur en vlam”- Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za