News

Klein vegtertjie se oorlewingstryd

Sy kan steeds nie haar onderlyf beweeg nie.

SASOLBURG – Haar ouers hou haar hand vas en klou aan hul geloof terwyl hul 10-jarige dogter, Danè Greyling, steeds nie selfstandig kan asemhaal of haar onderlyf kan beweeg nie.

Die pad na herstel ná ‘n gru-ongeluk op die R59 bly onseker.

Dane Greyling in haar hospitaalbed. Foto: Verskaf

 Danè se pa, Dandrè Greyling, het op 21 Oktober ’n opdatering oor haar toestand gegee. Danè se longe is steeds nie sterk genoeg dat sy selfstandig kan asemhaal nie. ’n Trageostomie is Maandag in haar keel geplaas, en ’n voedingsbuis is deur haar neus ingesit.

Die buise is nou uit haar mond, wat haar gemakliker maak. Sy sal na verwagting sowat twee dae lank slaperig wees terwyl die wond van die trageostomie genees en dokters seker maak dat dit nie bloei nie.

Die mediese span se aandag sal daarna weer op haar ruggraatoperasie en herstel fokus. Die skroewe en penne in haar rug sal bly, het die dokters aan haar ouers gesê. Haar nekbesering was gering en het nie stabilisering vereis nie.

Volgens haar pa lyk dit of haar brein goed funksioneer. Wanneer Danè wakker is, antwoord sy ja of nee deur haar kop te skud. Sy beduie ook na voorwerpe om te vra wat dit is en wink haar ouers nader.

Sy kan egter nie praat nie weens die trageostomie. Danè kan haar bolyf beweeg, maar het tans geen beweging in haar onderlyf nie weens die rugmurgbesering. Daar is steeds vloeistof in die onderste deel van haar longe en sy het ’n longinfeksie waarvoor sy behandel word.

Sy het ook ’n ultraklank- en CT-skandering ondergaan om ’n probleem met haar blaas te ondersoek. Die uitslae word nog afgewag. Haar linkerbeen, wat gebreek is en met penne gestabiliseer is, genees volgens die dokter goed.

 Dandrè sê die gesin hou aan hul geloof vas terwyl hulle die onseker pad vorentoe probeer hanteer. “Ons hou net aan Jesus vas en vertrou dat Hy haar sal genees, want enigiets is moontlik by Hom. Maar ons weet ook nie hoe haar genesing vir haar en ons gesin sal lyk nie. Laat God se wil geskied. Ons harte is seer en ons voel hulpeloos,” het hy gesê.

Danè is een van die leerders van JCS Independent School in Vaalpark wat in die skoolvervoerongeluk op 8 Oktober beseer is.

Drie van haar skoolmaats Amandla Buthelezi (7), haar boetie Lwazi Buthelezi (9) en Uriel Govender (6) het in die ongeluk gesterf.

Die bestuurder van die bussie Johan ‘Zet’ Oosthuizen (60), ‘n geliefde pastoor, het ook sy lewe in die tragedie verloor. Sy lewensvieringsdiens vind 23 Oktober om 10:00 by die NG Kerk in Keiskammastraat

Skandeer hierdie kode om Dane en haar ouers methaar herstel en mediese onkosteste ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button