CrimeNews

Besighede beroof, eienaars moet skadegeld opdok

By ’n waterwinkel het diewe besluit om toe te slaan, en die slagoffer het sleg tweede gekom.

By ’n waterwinkel het diewe besluit om toe te slaan, en die slagoffer het sleg tweede gekom.

Op Donderdag, 13 Oktober het mans toegang verkry tot die besigheid in Impalastraat. Volgens ’n woordvoerder van hierdie besigheid, het die mans die vrou wat daardie tyd gewerk het, oor die kop geslaan. Hulle het haar ook forseer om die kluis oop te maak en kontant, ’n skootrekenaar asook tablette en selfone gesteel.

Nog twee besighede het deurgeloop, waarvan niemand beskikbaar was vir kommentaar nie.

“Die polisie het ons gevra om nog niks inligting bekend te maak nie, aangesien ons positiewe verdagtes kon identifiseer. Ons wil nie met die ondersoek inmeng nie,” het ’n ander eienaar Dinsdag gesê.

LEES OOK:
Man beroof deur ‘kliënt’
Besighede beroof in eMalahleni

 
Back to top button