Local newsNews

SMS en help Johan in die Top 12 in

Op 16-jarige ouderdom weet Johan Koen wat hy wil hê.

Dié jongman wat onlangs aangewys is as ’n finalis vir Mnr. Tiener SA se mikpunt is om ’n verskil in ander se lewens te maak.
Baie mense kyk bloot na modelle se uiterlike, maar moet versigtig wees om nie veralgemeen nie. Nie net Johan ’n voorkoms soos ’n internasionale model nie, hy het ook ’n passie vir mense en glo onwrikbaar in God.

Johan is tans ’n Gr.10-leerder by WH de Klerkskool. Selfs in sy skooluniform is daar beloftes van ’n groot modelloopbaan vir dié jongman. Hy het al ’n hele rits modelkompetisies agter sy naam en was verlede jaar aangewys as Mnr. Witbank Skou. Vroeër vanjaar het hy ’n tweede plek behaal in die SA Model Superstar en ook ’n tweede plek in Mnr. Valentine Modelbeker.

Nou konsentreer hy op die Mnr. Tiener SA kompetisie.
“Dit was ’n groot verrassing en nog ’n groter eer om vanuit Mpumalanga as een van die 30 finaliste aangewys te word,” het Johan vertel.

Hy het opgewonde gesê hy het die huidige Mnr. SA, John Owen al ontmoet en die het ’n groot indruk op hom gemaak, “John is my rolmodel. Ek wil ook eendag so betrokke raak by die jeug en ’n verskil in kinders se lewe maak. Elke kind het ’n talent en potensiaal. Hulle moet net geleer word hoe om dit te ontsluit en ten goede te gebruik.”

Johan verwys na homself as ’n plattelandse outjie, maar dit is dieselfde plattelandse outjie wat met soveel vertroue gesê het, “Ek glo altyd al is daar miljoene mense in die wêreld, dit net een persoon vat om ’n verskil te maak. Dit vat net een persoon om ander van hul planne te laat verander, dit vat net een persoon om hulle te leer oor liefde, verdraagsaamheid en om bietjie meer te gee al is dit net van jou tyd.”

Soos enige ander tiener is Johan baie lief vir fliek, ’n potjie gholf saam met vriende en natuurlik Facebook, Twitter en BlackBerry Messaging (BBM).

Prime Circle is een van sy gunsteling popgroepe saam met Die Heuwels Fantasties en Nickelback.

Hy het ernstig geraak toe hy oor sy geloof praat.
“Stel God eerste in alles wat jy aanpak. Geen omstandighede is té groot vir hom om te hanteer nie. God belowe ons oor en oor in die Bybel dat Hy ons laste sal dra, ons moet net die eerste tree gee en dit in Sy hande plaas. Droom groot, werk hard, bly plat op die aarde en maak God jou alles.”

Om Johan ’n hupstootjie te gee in die Mnr. SA Tiener kompetisie word die inwoners van eMalahleni gevra om te help.
Al wat jy moet doen is om vir ’n SMS te stuur om Johan se plek in die Top 12 finaliste te verseker. SMS Johan Koen na 35959, elke sms kos R3. Die sms lyn sluit op 1 Maart wanneer die wenner aangekondig sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button