Local newsNews

Hand van barmhartigheid

Save a Child is ’n geregistreerde welsynsorganisasie wat u met ’n geruste hart kan ondersteun.

Hulle is die verskaffers van finansiële, mediese, opvoedkundige en ander ondersteuning van die serebraal-gestremde kind in ouerhuise, in kinderhuise en by ander liefdadigheidsorganisasies.

Jou munte gooi jy in ’n verseëlde blikkie, Die bedrag in note skryf jy saam met jou naam op ’n amptelike lys en gooi daarna die noot in die blikkie.

Hulle kollekteer in die stede en dorpe waar sulke kinders woon. In die Steenkoolstad is daar tweetjies: Coenie Oosthuizen en Shirley Steenkamp.

“Die persentasie skenkers in eMalahleni is van die hoogste in die land,” het Malan met ’n dankbare hart gesê.
Eendag, vertel hy, was die manne byna uit hulle velle. By twee boere het hulle elk ‘n “luiperd” (R200) gekry. Sulke nuus trek soos ’n veldbrand en gee aan die manne en vroue wat kollekteer, nuwe moed.

Om so half-verleë te staan, al is dit vir ’n goeie saak, is nie maklik nie.

Op Saterdag 22 Maart het hulle by vyf kruidenierswinkels gestaan en op 28 Junie sal hulle weer op dieselfde plekke wees. Tussen-in probeer hulle om maandeliks ’n draai te maak.
“Ons hartlike dank aan die winkeleienaars en bestuurders wat ons toestemming gee om voor hulle besighede te staan,” het Malan gesê.

Wees op die uitkyk vir Save a Child en gee ’n bydrae. “As elkeen wat by die winkel uitkom, net R2 gee, is ons koppe deur,” het Malan gesê.
Hy tel die bydraes op sy kollektelys bymekaar, weeg die blikkie in sy hand, en vertel dat hy byna akkuraat kan sê hoeveel hy ingesamel het

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button