Massiewe ongeluk op pad van die dood
’n Ongeluk, waarby ’n minibus en twee ander voertuie betrokke was, het verwoesting agterna gelaat op die OR Tambo draai oppad na die ou Middelburg pad.

Die ongeluk het Donderdag 22 Januarie om 18:15 plaasgevind waar bystanders met ‘n skok in die reën na die ongelukstoneel gestaar het. Ambulansdienste het met die hulp van Witbank 911 en bystanders gehelp met die beseerdes op die toneel. Witbank 911 het die paaie nà die ongelukstoneel afgebaken.
Beseerde pasiënte is na die Witbank Provinsiale Hospitaal en Life Kosmos Hospitaal vervoer.
Sover is dit onbekend hoeveel mense beseer is in die botsing, een persoon is wel reeds in die hospitaal oorlede.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Die groot vraag onder lede van die gemeenskap bly steeds, hoeveel ongelukke nog voordat iets gedoen word?
