‘Gebreekte’ been toe net ’n spinnekop byt
Na mnr. Anton Grobler laas week in Witbank Hospitaal opgeneem was met ’n geswelde been was hy in gips gesit, voor hul dae later die eintlike rede vir die swelling ontdek het.

Anton Grobler het Maandag oggend so twee uur wakker geword met pyn.
Hy was omstreeks 7:00, 16 Februarie by die hospitaal waar hy glo tot 16:00 gewag het om ’n dokter te sien. Intussen het hul ekstrale van sy been geneem, waarna hy in die ongevalle saal geplaas was.
’n Dokter het vir hom gesê dat die ekstrale ’n klein fraktuur op sy knieg aandui. Volgens Grobler het nog ’n dokter na sy ekstrale gekyk en gestem dat hul sy been in gips moet sit.
Grobler was Vrydag 20 Februarie weer terug na die hospitaal. Hy vertel dat die dokter gesê het dat sy been nooit gebreek was nie en dat die gips moet afkom.
Grobler was verward gelaat met die raaisel van hoekom sy been so geswel was. “Toe vermoed hul dis ’n vaskulêre siekte!”
Grobler moes weer gaan vir toetse wat net vasgestel het dat dit nié enige vaskulêre siekte is nie.
“Dit was ’n spinnekop byt in die holte van die agterkant van my knieg,” vertel Grobler was die eintlike oorsaak van sy kwale. “Hulle het nooit eers gedink om behoorlik te kyk na my been of om te vra wat my simptome is nie!”
