CrimeNewsUpdate

Boer op pad na herstel

Mnr. Nicolas Mienie (77) wat verlede week op sy plaas aangeval is, is op die herstelpad.

Die aanval het Dinsdag 17 Maart op sy plaas in Balmoral plaasgevind.

Rowers het mnr. Mienie geskop en geslaan, terwyl hy op die kombuisvloer gelê het met sy hand en voete vasgebind.
Mnr. Mienie is na die aanval na Life Kosmos Hospitaal geneem waar X-trale van sy linkeroog en skouer geneem is. Gelukkig is niks gebreek nie, maar sy oog was erg bebloed.

Me. Meraai Mienie het Donderdag 19 Maart gesê haar man lyk al beter. “Hy het nie so lekker gevoel gister nie, maar vanmore voel hy ’n bietjie beter – sy oog is nog steeds geswel. Sy gesig is nou swart met die kneusplekke oor sy oog, wang en agter sy oog,” het sy gesê.
Mnr. Mienie sterk tans tuis aan.

Vosman Polisie was op spoor na ’n leidraad dat die aanvallers in Bronkhorstspruit is, en was Saterdag in die dorp om verdere ondersoek te doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button