
Mynhardt vertel dat sy en haar dogter in die supermark besig was om inkopies te doen, toe ‘n onbekende man aan haar stamp en vra oor margarine. Nog ‘n onbekende man het haar dogter se aandag probeer aftrek deur vrae te vra oor vleis. Terwyl die twee mans die vrouens se aandag afgetrek het, het ‘n onbekende vrou Mynhardt se handsak oopgemaak en haar selfoon gesteel. Met die besef wat eintlik aangaan, het Mynhardt die vrou gevra wat sy maak en die vrou het gesê sy het net die foon opgetel.
Volgens Mynhard is dit onmoontlik vir die vrou om die selfoon op te tel omdat die foon in ‘n wit sakkie in haar handsak is. Die sekuriteit is geroep, asook die bestuurder van die supermark. Mynhard het dit in die hande van die bestuurder gelos om ‘n saak by die polisie te maak omdat dit blykbaar nie die eerste keer is wat so ‘n voorval gebeur nie.
Mynhardt wil graag alle vrouens in eMalahleni waarsku om versigtig te wees by supermarkte en om bewus te wees wat rondom hulle aangaan.
