
Van voertuie tot trokke word geteiken vir die hoeveelste keer deur kapers wat wakker staan en in spanne wag vir die volgende drywer se pitstop.
Die WITBANK NUUS het al menige kere berig oor die toename in beide voertuig en trok kapings. Die afgelope week het nog slagoffers onder kapings deurgeloop.
Op 2 Junie het mnr. Bheki Mthisi in die Tasbet Park area rondgery, glo opsoek na ’n vriend se huis. Hy het verder beweer dat hy na ’n rukkie se ry besluit het om langs die pad te stop omdat die noot knyp.
“Voor ek gestop het, het ek verby drie mans gery nou dat ek daaraan dink,” het Mthisi gesê.
Mthisi het vertel dat hy verras is deur ’n verdagte met ’n vuurwapen wat gerig was op hom en toe in die donker ’n sigarette kooltjie sien brand het.
“Die man met die vuurwapen het vir my gesê ‘lala phasi’ wat beteken ek moet op die vloer lê,” het hy verder gesê.
Dit was volgens Mthisi ’n paar sekondes toe is die booswigte weg.
Hy het die saak by Witbank Polisie aangemeld maar geen arrestasies is gemaak nie. Mthisi het niks in verband met sy voertuig gehoor nie.
Die tweede slagoffer was dié van ’n trok. Die drywer van ’n trokmaatskappy het deel geword van die kaping statestiek op 4 Junie toe hy glo afgetrek het op die N12 snelweg.
Die drywer het glo afgetrek van die pad af omdat hy iets hoor raas het aan die trok. Hy het verder beweer dat met uitklim slag daar drie verdagtes op hom toegesak het en gedwing om in die bosse te gaan staan.
Die verdagtes het toe gevlug met die trok en die drywer in die donker bosse agter gelaat.
Nog geen arrestasies is gemaak nie.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/74738/verwag-enige-tegniek-vir-kapings/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/77840/amper-maar-nog-nie-stamper/
