Jeanré, ’n lewende wonderwerk
Die jongman wat krities in die hospitaal beland het na ’n ernstige karongeluk, is uit en tuis by die huis.

Die jongman wat krities in die hospitaal beland het na ’n ernstige karongeluk, is uit en tuis by die huis.
WITBANK NUUS het vroeër berig dat Jeanré du Plessis betrokke was in ’n karongeluk in Wattlestraat in Februarie.
“Dis steeds nie heeltemal bekend wat die Sondag van 26 Februarie gebeur het nie, ons almal is nog in die donker daaroor. Maar nou gee ons net dank aan ons God omdat hy Jeanré wakker laat word het,” het sy suster, Chané Herholdt op 12 Maart gesê na Jeanré 14 dae lank in ’n koma was.
WITBANK NUUS het verder berig dat Jeanré in Milpark Hospitaal opgeneem is waar hy onder sedasie was en hy aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel was.

Jeanré du Plessis in die gemak van sy suster se huis terwyl WITBANK NUUS ’n onderhoud voer. Hy is op 14 Julie ontslaan na ’n klein terugslag.
Vandag vier die familie die goed en grootheid van Jeanré se pad na herstel.
“Ons is dankbaar vir die grootheid en goedheid van God, dit is watter woorde ek op die stadium het,” het Herholdt met ’n stem van vreugde vertel.
Verder het Jeandré se susters vertel hoe goed hy aansterk en dat hy binnekort weer die lewe voluit gaan aanvat.

Jeanré du Plessis saam sy suster, Chané Herholdt tuis by die huis. Die ongeluk wat in Februarie in Wattlestraat gebeur het, het Jeanré ernstig beseer gelaat.
“Hy loop ’n paar tree maar kan nog nie volkome by homself loop nie, hy gesels land en sand en daar kom by tye gedagtes terug van sy jong dae, maar hy kan nie onthou wat gebeur het op daardie dag van die ongeluk nie,” het sy ma Tisha gesê.
Die pad wat die familie tot dusver geloop het was rof, soos sy ma dit sal stel, maar elke dag werd. “My broer het ’n heeltemal nuwe mens geword, so asof God hom skoongewas het van al die verlede se wraak en seer,” het Chané met trane van geluk bygevoeg.
Die familie het in ’n onderhoud dankbaar vertel oor hoe hulle dag in en dag uit bly bid het vir hul geliefde broer.
“Ons het gedink die ergste is verby toe hy uit Milpark Hospitaal ontslaan is op 24 Junie, maar ongelukkig het hy homself net lekker gemaklik gemaak toe hy ’n terugslag kry en opgeneem word by M-Care,” het say suster bygelas.
Jeanré het die moed op Vrydag 21 Julie gehad om elke persoon te bedank wat vir sy genesing gebid het.
“As familie wil ons graag ’n spesiale woord van dank rig aan ons Pappa God dat Hy vir Jeanré uit die kloue van die dood gered het. Volgens dokters was sy kans om te lewe nie goed nie, maar God het anders besluit. Na amper vyf maande is my seun by die huis, hy is nog nie heeltemal gesond nie, maar dit gaan goed met hom. Ek glo tyd sal alles heel maak, dis net tyd wat kan tel. Aan M-Care, almal daar baie, baie dankie vir alles wat julle vir Jeanré gedoen het ons waardeer dit opreg. Mag Jesus julle ryklik bly seën vir die werk wat elkeen daar doen, julle is die beste. Almal wat saam met ons gebid het en nog steeds bid, baie dankie,” het sy ma met soveel dankbaarheid ten slotte gesê.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88023/jongman-kritiek-na-ongeluk-woonbuurt/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88792/jeanre-ontwaak-uit-koma/
