Local newsNewsSchools

Kunste vier hooggety in eMalahleni

Baie geluk aan al die ongelooflike talentvolle deelnemers en wenners wat die Artium Kunstefees se verhoog laat skitter het.

Die HTS Witbank-skoolsaal het op Maandagaand, 12 Oktober, gegons van opgewondenheid tydens die jaarlikse Artium Feeskonsert 2026.

Die streek se top-kultuur- en kunstalent het op een verhoog byeengekom en die gehoor betower


Die aand het feestelik afgeskop met ’n pragtige optrede deur die Laerskool Middelburg Juniorkoor, waarna Magda Wolmarans (beskermheer) die verwelkoming behartig het en Christna Smit die amptelike opening gedoen het.


Seremoniemeesters Bennie en Staphane Botha het gesorg dat die aand vlot verloop het.


Die handeklap was oorverdowend toe HTS se verteenwoordiger na die verhoog toe geroep is om die trofee te ontvang vir wenskool. Bodyworx het die ateljee kategorie gewen.


Die wenners van dié vier hooftoekennings het ook breed geglimlag.

Ulé Smit het die bestuurstrofee opgeraap en is ook aangewys as die Laerskool Victrix Artium, terwyl Liam Botha met die Laerskool Victor Artium-titel weggestap het.


Alyssa Potgieter het die Hoërskool Victrix Artium-titel én die bestuurstrofee verower, terwyl Kobus Schwartz as Hoërskool Victor Artium aangewys is.


Ruzelle Roets wenner van die Laerskole Vokaal item.
Klara Korff het die Laerskole Skryfkuns Afrikaans gewen. Annerie Venter oorhandig haar sertifikaat.
Liam Botha is die wenner van die Senior Gedramatiseerde Prosa.
Milandrie Potgieter leef haarself uit opdie verhoog. Sy is die wenner van die Junior Gedramatiseerde Prosa.
Ulé Smit se monoloog het ’n welverdiende warm handeklap ontvang.
Phumelele Masina ontvang die trofee vir voorbereide skryfstuk van Cara-Mé van der Westhuizen.
Ruzelle Roets ontvang die trofee vir Laerskool Intrumentaal van Rudy Kok.
Minke Williamson is die wenner van die Laerskole Dans kategorie.
Christa Bester oorhandig die trofee vir Laerskole Kuns aan Owethu Mazwi.
Bernard Mouton is al te handig agter die kamera en ontvang die trofee vir Fotografie vanaf Marna Etsebeth.
Ruzelle Roets, Christopher Langeveldt en Beneske Roets het uitgestaan in die Laerskole Engelse Drama afdeling. Hulle ontvang hul trofee van Carmi Visser.
Megan Alexander ontvang die trofee vir fotografie van Marna Etsebeth.
Die wenner van die Hoërskole Skryfkuns Afrikaans is Zanelle van der Walt wat haar trofee ontvang van Elmarie Botha.
Duane Delport het die Hoërskole Dans kategorie gewen.
Nyiko Mashego is die wenner van die Hoërskole Kreatiewe Skryfwerk. By haar is Ilse de Costa de Silva.
Carli Potgieter se Hoërskole Drama item was uit die boonste rake. Sy het die dié item gewen.
Die Hoërskole Kuns trofee gaan aan Mohau Maanda. By hom is Craig Lester.
Vanjaar se Hoërskole Instrumentaal trofee gaan aan Kobus Schwartz. Rudy Kok het dit aan hom oorhandig.
Miané Kramm het die verhoog aan die brand gesing. Sy is die wenner van die Hoërskole Vokaal afdeling.
George Grove se Engelse monoloog het die gehoor stil gehad. Hy het die Hoërskole Engelse Drama gewen.

Lees die berig in die week se uitgawe van Witbank Nuus.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button