CrimeNews

‘Dankie Vader ons kar is terug’

’n Dankbare me. Lizelle Nel kon haar vreugde nie keer toe sy vertel van haar gesteelde kar wat teruggekry is nie.

’n Dankbare me. Lizelle Nel kon haar vreugde nie keer toe sy vertel van haar gesteelde kar wat teruggekry is nie.

Op Vrydag, 21 Julie het ’n man wat by die gesin bly hul paniekbevange gebel en gesê dat die hek oop is en die Polo is weg.

“Ons het Donderdagmiddag Ga-Nala toe gery, so net die man wat by ons woon was by die huis. My man het dadelik op ’n Whatsapp-groepie gesê dat die voertuig gesteel is, en kort daarna het ’n boodskap deurgekom dat die voertuig in De Waalstraat staan. Dit is letterlik 300 meter van ons huis af,” het Nel Dinsdag, 25 Julie vertel.
“Ek dink nie hulle kon die voertuig kry om te ry nie. Hulle het baie skade binne aangerig en ook in die enjin, maar ek glo die Here se hand was beslis oor my karretjie gewees.”

Nel het verder vertel dat ’n polisiebeampte ook die Polo opgemerk het wat in ’n veld staan en dadelik die stasie daarvan in kennis gestel het.

“Die polisie was baie behulpsaam en het dadelik reageer toe ons die saak aanmeld. Ons het Vrydag teruggekeer huis toe, vanaf Ga-Nala,” het Nel gesê.

Die voertuig is steeds by die polisiestasie en wanneer die gesin hul voertuig gaan terugkry is steeds nie bevestig nie.

“Ek ry die kar al ongeveer 10 jaar en dit is werklik ’n lekker kar. Ek en my man bid elke aand voor ons gaan slaap om ons en alles in die erf veilig te hou. Ek luister ook net Christelike musiek in die kar, ek dink werklik die Here het sy hand oor my Polo gehou,” het Nel getuig.

Sy het bygevoeg dat hulle geen addisionele sekuriteitsisteem in die kar gehad het nie.

“Ek wil graag net die polisie bedank, hulle was so goed vir ons gewees en het ons so vinnig gehelp, met flink en vinnige diens. Ek wil ook net die mense op die Whatsapp-groepie bedank wat so vinnig tot ons redding gekom het om die voertuig terug te kry. Ons is baie dankbaar,” het Nel afgesluit.

Sersant David Ratau, polisiewoordvoerder van Witbank Polisie het gesê dat mense met Polo’s veral versigtig moet wees aangesien hierdie voertuie die laaste maand of so baie gesteel word.

“Ons het agtergekom dat die Golf 7 ook baie hoog in aanvraag is, ek neem aan dit is as gevolg van die voertuig se spoed. Ons het baie gevalle gehad van gesteelde voertuie en daar is ten minste een Polo in elke geval. Ons vra dat die gemeenskap hul voertuie mooi toesluit en veilig bêre, ons is nog nie seker hoekom hierdie nuwe tendens met die Polo’s begin kop uitsteek het nie,” het sers. Ratau gesê.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/92537/kardiewe-hou-karnaval/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/74156/karre-word-boewe-se-gunsteling/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button