CrimeNews

Staatsvoertuig loop deur

’n Voertuig van Ogies Polisiestasie is beskadig nadat ’n klein venster gebreek is.

’n Voertuig van Ogies Polisiestasie is beskadig nadat ’n klein venster gebreek is.

Me. Georgina Moimane het vertel dat die voertuig in haar erf gestaan het op die aand van Maandag, 24 Julie. Sy het verseker dat al die deure en vensters gesluit is, maar sy vermoed dat die verdagtes oor die muur geklim het deur die aand.

“Die drade is voor by die paneelbord uitgetrek, maar geen drade is geknip nie. Die hefboom wat die enjinkap oopmaak is gebreek en al wat uit die voertuig gesteel is, is ’n ‘jack’ en ’n ‘wheel spanner’,” het Moimane gesê.

Sy het bygevoeg dat daar nie te veel skade aan die voertuig is nie.

Nog ’n voorval het op dieselfde dag plaasgevind, maar hierdie keer moes ’n man glo sy eie voertuig terugkoop.
Die slagoffer het gesê dat hy by ’n taxistaanplek gestop het, glo om sy broer op te tel, waarna ’n taxibestuurder hom blykbaar daarvan beskuldig het dat hy mense oplaai en vervoer.

Die taxibestuurder wou geen verskonings hoor nie en het die slagoffer gedwing om sy voertuig na die langafstand taxistaanplek te neem, en hy moes hulle glo R500 betaal het om sy voertuig terug te kry.

Hy het vertel dat hy slegs R100 in sy besit gehad het, en die taxibestuurder het geweier dat hy sy voertuig terugkry tot die volle R500 nie betaal is nie.

Skade is ook aan die voertuig aangerig en in beide bogenoemde sake is sake van beskadiging van eiendom oopgemaak by Witbank Polisiestasie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88373/gesteelde-voertuig-teruggekry/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88332/vermeende-kapers-skiet-op-polisie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button