
Twee insidente in die afgelope week het groot skade aan motoriste se voertuie aangerig.
Beide insidente het op Dinsdag, 8 Augustus plaasgevind, waar daar ’n klip deur ’n motoris se windskerm gegooi is.

Dit is vermoedelik vanaf ’n brug op die N4-snelweg. In die ander geval, is daar glo ’n klip vanaf die Vosmanbrug afgegooi en die bestuurder van die voertuig is na bewering beseer.

Motoriste word gewaarsku om verkieslik nie in die aand hierdie pad te ry nie en op die uitkyk te wees vir enige verdagte voetgangers op die bruê.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/73047/misongelukke-bring-groot-skade/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/53734/caravan-flipped-on-n4-highway/
