X5 bots teen brug
Die bestuurder van ’n BMW X5 het oor die naweek teen ’n brug gebots met noodlottige gevolge.

Die bestuurder van ’n BMW X5 het oor die naweek teen ’n brug gebots met noodlottige gevolge.
Die ongeluk het Saterdag, 12 Augustus, kort voor middernag op die N12-snelweg gebeur.
Die bestuurder het glo eers in versperrings langs die pas vasgery, voor hy die brug getref het.
Mnr. Dino Padayachee van Langamed Emergency Management was op die toneel en hy het die bestuurder dood verklaar.
Die voertuig was langs die pad op sy dak en insleepdienste moes die voertuig omkeer om by die bestuurder uit te kom.
Padayachee het ook gesê dat hy eers die pasiënt amptelike dood kon verklaar nadat die voertuig op sy wiele is, aangesien die BMW baie onstabiel was.
Wat die presiese oorsaak van die ongeluk was, is steeds onbekend.

Die bestuurder van die BMW X5 het vermoedelik teen die N12-snelweg se brug vasgejaag en is op die toneel dood verklaar. Dit het op Saterdag 12 Augustus naby Phola plaasgevind.
In ’n ander voorval op die N12-snelweg is ’n voetganger glo raakgery.
Die ongeluk het ook Saterdag gebeur, toe polisie na die toneel ontbied is, waar ’n Corsa en ’n Chevrolet glo langs die pad gestaan het. Die man het glo vanaf eMalahleni gery na Ogies se kant toe hy ’n voertuig verbygesteek het.
Hy beweer dat hy iets teen die voertuig gevoel het en opgemerk het dat hy ’n man raakgery het.
Die saak word steeds ondersoek.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/96463/n12-snelweg-eis-nog-n-lewe/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/83286/familie-soek-antwoorde-na-ongeluk/
