Die Schrenk-familie het die afgelope naweek beleef hoe inwoners van eMalahleni kan saamstaan.
Toe hul vyf weke oue seuntjie AJ skielik siek geword het, het hulle na hul besoek aan Witbank Hospitaal besef dat hy net sal oorleef as hy in ’n privaat hospitaal opgeneem word.
Dinsdag 26 September was die verligting duidelik in me. Annemarie Screnk se stem hoorbaar toe sy opgewonde vertel het,
“Ek dink amper ons kan teen die naweek huis toe gaan. AJ is van die suurstof af en dit gaan baie goed met hom. Hy kry nou net medikasie in die vorm van vitamines om sy gestel op te bou.” Annemarie se noodkreet het deur sosiale media weergalm
toe AJ, skaars ’n maand nadat hy gebore is, op 16 September in Witbank Hospitaal opgeneem is met simptome van geelsig en dehidrasie. Hy is in ’n gewone saal geplaas waar ’n drip opgesit is. Hy het ook suurstof ontvang en ’n intraveneuse drip.
Op 19 September het hy drie aanvalle agtermekaar gehad en is hy na die intensiewe-sorgeenheid geskuif.
“Daar is nie oop beddens nie, wat beteken ons moet wag, terwyl AJ al sieker word. Hulle sê hy het simptome van lewerversaking en sy magie bly opswel en styf word,” het ’n bekommerde Annemarie, oor die naweek laat weet.
Sy het gesê elke dokter het ’n ander diagnose gehad en vir elke diagnose is ander medisyne voorgeskryf.
Sy het gesê die emosies wat hulle die afgelope paar dae ervaar het kan nie in woorde omskryf word nie. Emosies van hoop, desperasie, algehele wanhoop, radeloosheid en vertwyfeling het wipplank met Annemarie en haar man, Stephan gery.
Lees die volle artikel in hierdie week se WITBANK NUUS.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/100550/aj-het-dringend-hulp-nodig/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/100566/aj-oorgeplaas-na-kosmos/
