16-jarige dood in ongeluk
Jandré was saam met sy meisie, Igne Gouws (15), sy oupa, mnr. Neels Bezuidenhout en Bezuidenhout se vriend, Dirk Meyer vanaf Hoedspruit op pad terug huis toe.

“As ek my seun nog net eenkeer kan vashou. Net eenkeer kan sê: ‘Ek is mal-lief vir jou’. As ek nog net eenkeer langs ’n sportveld kan sit en voel hoe ek swel van trots oor my blinkoog sportster. As ek my kind net vir ’n oomblik kan terugkry.”
Me. Magda van der Walt se stem klink weerloos as sy praat van haar liefling-kind Jandré (16) wat die afgelope naweek in ’n ongeluk dood is.

Die ongelukstoneel net buite Orighstad waarin die 16-jarige Jandré van der Walt dood is. (Foto: Arrive Alive).
Jandré was saam met sy meisie, Igne Gouws (15), sy oupa, mnr. Neels Bezuidenhout en Bezuidenhout se vriend, Dirk Meyer vanaf Hoedspruit op pad terug huis toe.
Volgens Arrive Alive het die ongeluk Maandag 2 Oktober omstreeks 05:52 op die R36 sowat agt kilometers van
Orighstad af plaasgevind. Alles dui daarop dat die bakkie van die pad af gegaan en gerol het.

Jandré van der Walt.
Jandré is met die impak daarvan uitgeslinger. Hy is op die toneel dood.
Lees die VOL STORIE in vandag se uitgawe van die WITBANK NUUS
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/59189/gru-ongeluk-eis-lewe-24-jarige-ma-van-twee-sterf-tragies/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/83591/ma-en-seuntjie-dood-in-ongeluk/
