Local newsNews

Beter mediese behandeling in ander land

“Ek het beter behandeling in ’n ander land ontvang,”

“Ek het beter behandeling in ’n ander land ontvang,” was mnr. Frans Pretorius se woorde na hy sy rieme by Witbank Hospitaal styfgeloop het.

“Ek werk gereeld in Botswana, en het my hand daar seergemaak. Ek het ’n dokter daar gaan sien wat x-strale geneem het en my hand is tans in gips,” het Pretorius gesê.

Hy het verder gesê dat hy in eMalahleni ’n privaat dokter gaan sien het, wat vir hom ’n brief gegee het dat hy weer moet gaan vir x-strale en hy is Witbank Hospitaal toe.

“Ek het ingestap en almal het net na my gekyk. Ek het vir een van die susters die brief gegee en sy het gesê hulle kan my nie help nie, want ek het ’n privaat dokter gesien.” het Pretorius ook gesê.

“Ek het toe gevra, hoe gaan ek dan te werk as ek ’n dokter by Witbank Hospitaal wil sien, die vrou het vir my gekyk en aangegaan met haar werk.”

Pretorius het gesê dat hy beter diens in die buiteland as in sy eie land ontvang het.

Geen terugvoer was teen druktyd beskikbaar van die hospitaal af nie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/101077/couple-blames-witbank-provincial-hospital-death-son/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/53764/witbank-hospitaal-gee-antwoorde/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button