
“Ek is nou op pad om my kar te gaan haal,” het mnr. Elliot Mofokeng gesê.
Sy rooi Mazda 323 is in die vroeë oggendure van Sondag 8 Oktober uit sy erf gesteel. Hy het aan die polisie vertel dat sy kar gesluit en veilig gebêre was, en toe hy die volgende oggend wakker word was sy kar weg.
Hy het ’n saak by die polisie gaan maak en sy voertuig is dieselfde dag nog in die Vaalbank-area opgespoor.
“Hulle het my Sondag geskakel en gesê hulle het my kar teruggekry,” het hy Dinsdag, 10 Oktober gesê.
Nog ’n slagoffer kan ’n suksesverhaal vertel van sy voertuig wat teruggekry is, nadat hy langs die pad gestop het op Woensdag, 4 Oktober. Hy het op die N12 afgetrek en soos hy uit sy voertuig klim het drie mans hom oorrompel en hom met ’n vuurwapen teen die kop geslaan. Hy het aan polisie vertel hoe hy weggehardloop het en in die bosse gaan wegkruip het, toe hy die vuurwapen hoor afgaan.
Die slagoffer het hulp by ’n nabygeleë huis gevind en hy het sy familie gebel. Sy seun het die taxi met die opsporingstoestel opgespoor en diè is naby ’n skool in Hlanikahle gevind. Die skootrekenaar, beursie en ander goedere wat gesteel is, is ook steeds in die taxi gewees toe dit opgespoor is.
Geen arrestasies is in hierdie verband gemaak nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/96176/van-n-goeie-hart-na-gesteelde-voertuig/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88373/gesteelde-voertuig-teruggekry/
