Rafiki help met droogte-verligting
Die droogte in die Suide van Suid-Afrika is besig om daagliks toe te neem met enorme eise.

Die droogte in die Suide van Suid-Afrika is besig om daagliks toe te neem met enorme eise.
Die plase loop leeg, Boere gee moed op. Plaasarbeiders loop van plaas na dorp om net te werk vir kos en oorlewing. Skape, beeste en wild vrek daagliks.
Daar is soveel positiewe belangstelling ontvang vanuit plaaslike landbou- en besigheidsorganisasies, dat ’n besluit geneem moes word om die insameling en biddag by Rafiki te skuif na 28 Oktober. Die dag val saam met die ‘colour-festival’ wat by Rafiki gehou gaan word.
Dr. Theunis van der Merwe gaan ’n gebedsdiens lei en verskeie boere uit die Kaap en Limpopo gaan getuienis kom lewer oor hoe die droogte hulle geaffekteer het.
Daar is sommer lekker vermaak om almal besig te hou, soos ’n 5km en 10km pretloop vol kleur en ’n kleurvolle fietswedren wat oor 5km en 35km gaan strek. Daar gaan ook ritte in ’n helikopter wees.
As jy betrokke wil raak, skakel gerus die volgende persone::
Basie Lugtenborg (landbou en vervoer) – 082 553 3262, Eric Shabangu (voertuigorganisasie) – 072 651 1488, Gugu Maseko (stalletjies) – 076 154 2424, Hein Kock (pretloop en fietswedrenne) – 073 424 5984 en Lindy Moll (algemene navrae) – 072 242 8024.
