
’n Man is in sy erf aangeval en beseer nadat hy en familie agter in die erf gebraai het. Die voorval het Saterdag 21 Oktober skuins na 22:00 in Duikerstraat plaasgevind.
“Ons was besig om die goed te bêre en die familie was op pad om te ry, toe ons ’n gewapende man om die hoek van die huis sien kom,” het die man gesê, wat eerder anoniem gehou wil word.
Hy het bygevoeg dat hulle glad nie sigbaar van die pad se kant was nie en hy vermoed die verdagtes het die musiek gehoor en die ander twee voertuie in hul erf gesien.

Die slagoffer wie se kop tydens ’n huisinbraak op Saterdag, 21 Oktober in Duikerstraat, oopgeslaan is (foto: verskaf).
“Ek was naby genoeg om hom met ’n bottel en glas by te dam, maar die ander twee het ook gewere oorgehaal. Ons het nie ’n ander keuse gehad as om oor te gee nie,” het die slagoffer bygevoeg.
“Ek is dadelik op my knieë gedwing en toe oor die kop met ’n voorwerp geslaan. Ons almal het gevrees vir ons lewe. Ek het bly bid: Vader, beskerm ons, hulle weet nie wat hul doen nie.”
Die slagoffers se hande is agter hul rûe vasgebind met kragdrade en ’n televisiekabel.

Een van die slagoffers se lip is oopgeslaan tydens ’n inbraak op Saterdag 21 Oktober in Duikerstraat (foto: verskaf).
Die drie gewapende mans was te voet en het vermoedelik of oor die slagoffer se ses voet pallisade geklim of vermoedelik by die bure oorgeklim.
Lees die VOL STORIE in die nuutste uitgawe van die WITBANK NUUS vandag
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/81858/bejaardes-aangeval/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/98332/samaritaan-aangeval/
