
Die strate van eMalahleni is al klaar besmet met armoede en misdaad en steeds veg die dorp teen dwelms.
Die afgelope week is daar ’n stokkie in die bose kringloop van dwelmhandel gesteek deur die SAPD.
Nog vyf arrestasies is gemaak in verband met dwelms toe polisie op 17 Oktober in Smutsstraat hul eerste verdagte met dagga vang.
Die week het egter verbeter vir die polisiemag toe hul toesak op ’n gegewe adres in Klarinet. Met hul aankoms het hul aan die verdagte huis op 22 Oktober se deur geklop en twee mans het oopgemaak en is deursoek.
Op een van die twee verdagtes is daar agt plastiek balletjies met wit poeier gevind en het die polisie verneem dis dwelms. Albei verdagtes is in hegtenis geneem.
In ’n ander voorval op 22 Oktober het die beamptes op diens ’n stop en deursoek vroegoggend in Watermeyerstraat uitgevoer. Met die aftrek van ’n wit bakkie het hulle dadelik onmin verwag en dadelik en deeglik die verdagte en sy voertuig begin deursoek.
In sy voertuig is daar ’n vuurhoutjie boksie gevind met dagga in, met verdere ondersoek het polisie ook beslag geneem op vier rondtes van ammunisie. Die verdagte het beweer dat hy wel net dagga rook en dit nie verkoop nie. Sy bewering oor die ammunisie was dat hy op pad was om dit veilig terug na sy huis toe wou besorg.
Die verdagte is op toneel in hegtenis geneem op aanklagte van beide die besit van dwelms en ammunisie.
ALSO READ
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88810/dwelms-en-drank-op-polisie-se-lysie/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/95752/polisie-se-oog-op-dwelms/
