CrimeNews

Voertuie verdwyn onder inwoners se neus

Motordiefstal in eMalahleni het in die afgelope drie maande toegeneem teenoor die voorafgaande drie maande.

Motordiefstal in eMalahleni het in die afgelope drie maande toegeneem teenoor die voorafgaande drie maande.

Soos WITBANK NUUS vroeër berig het, is die statistiek van voertuig diefstal besig om daagliks te styg.
Die afgelope week is daar talle verklarings af gelê by Witbank Polisiestasie in verband met gesteelde voertuie.

Op 17 Oktober het ’n inwoner wat woonagtig is in Nitastraat wakker geword met ’n oproep van die polisie in Soweto om hom in te lig dat hulle sy voertuig opgespoor het. Na bewering het hy nie geweet waarvan die polisie praat nie en het aan hulle vertel dat sy voertuig in sy erf staan.

Na die vreemde oproep het die inwoner gaan ondersoek instel en met uitloop slag besef sy voertuig is inderdaad weg. Gelukkig was sy voertuig terug besorg aan hom.

In ’n ander voorval op dieselfde dag het nog ’n inwoner sy voertuig kwyt geraak. Na bewering het hy die oggend klaar gemaak vir werk toe hy vasloop in sy buurvrou op pad na die kompleks in Duvha Park se parkeer terrein.

Sy het glo hom voorgekeer en vertel dat sy onder die indruk is dat hy nie tuis was nie weens sy parkering leeg gestaan het. Met haas het hy na die beweerde leë parkering gegaan en met ’n skok agtergekom sy voertuig was skoonveld. Die voertuig is ongelukkig nog nie terug gevind nie.

In albei voorvalle is wit Volkswagen Polo’s gesteel en meen sers David Ratau van Witbank Polisie dat

“inwoners veral die tyd van die jaar meer paraat moet wees op waar hulle, hul voertuie parkeer en dubbel seker maak die voertuig is wel gesluit.”

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/92537/kardiewe-hou-karnaval/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96698/dankie-vader-ons-kar-terug/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button