CrimeNews

Tien jarige glo verkrag

’n Tienjarige meisie is glo verkrag terwyl sy by familie gekuier het.

’n Tienjarige meisie is glo verkrag terwyl sy by familie gekuier het.

Die slagoffer se ma het glo ’n brief in die dogter se skooltas gekry wat vra dat die slagoffer moet gaan vir ’n ondersoek, aangesien die vermoede bestaan dat sy verkrag was.

Die ma het haar dogter uitgevra, wat vertel het dat dit glo gedurende die Paasvakansie gebeur het, terwyl sy by haar ouma gekuier het.

Die ma het aan polisie vertel dat die slagoffer na ’n kliniek geneem is vir ’n ondersoek, en ook polisiestasie om ’n saak te open.

Geen arrestasies is nog in hierdie verband gemaak nie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/65995/huilende-vrou-word-verkrag/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/50292/verkrag-deur-iemand-wat-ek-ken/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button