
’n Saak van besigheidsroof en ook moord word tans ondersoek deur die polisie, na ’n verdagte noodlottig gewond is.
Op Woensdag 25 Oktober het lede van CSC Tactical reageer op ’n alarm by ’n besigheid in Hans Strydomlaan.
Dit was in die vroeë oggendure en met die sekuriteitsmaatskappy se aankoms by die toneel, het daar ’n konfrontasie tussen die reaksielede en verdagtes ontstaan.
“Daar was ’n oor-en-weer skietery tussen my reaksielede en die drie gewapende rowers. Een van die verdagtes is noodlottig gewond. Hierdie is die tipe diens wat ons kliënte teen alle tye kan verwag,” het mnr. Pieter Cromhout van CSC Tactical gesê.
Hy het ook bygevoeg dat die polisie steeds besig is met hulle ondersoek en dat daar nog nie baie inligting oord die voorval beskikbaar is nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/102107/rowers-slaan-toe-na-braai/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88529/selfoon-rower-val-plat/
