Oupa Neels steeds in hospitaal
Neels Bezuidenhout snr. is na vyf weke steeds in die intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal na ’n motorongeluk

Neels Bezuidenhout snr. is na vyf weke steeds in die intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal na ’n motorongeluk op 21 Oktober, waartydens sy kleinseun Jandré van der Walt (16) oorlede is.
Oupa Neels, Jandré en sy meisie, Inge Gouws en Dirk Meyer, ’n familie vriend was op pad terug van ’n jagnaweek in Hoedspruit, toe die voertuig waarin hulle was net buite Ohrigstad in die vroeë oggend ure in ’n ongeluk betrokke was.

Jandré van der Walt (16).
’n Vrou van Lydenburg, me. Renè Prinsloo wat die ongeluk gesien gebeur het en self ’n ma van twee seuns is, het Jandré met haar kombers op die toneel toegegooi. Sy het ’n kruis en ’n boom op die plekkie waar Jandré gelê het, geplant.

Oupa Neels Bezuidenhout Snr, is steeds in die intensiewesorgeenheid vir vyf weke.
Op 2 November het die familie die dag herdenk en saam met Renè, blomme by die kruisie gaan sit.
Daar hang ook ’n medalje aan die kruis nadat ’n vriend van Jandré se niggie Nadine, Dannial Steenkamp die medalje wat hy met ’n fietswedren by Mariepskop ingepalm het, tydens sy verbygaan aan die kruis gehang het.
Die familie wil almal bedank vir die oproepe, boodskappe, blomme en ondersteuning die afgelope tyd.

Magda van der Walt, Jandré se ma by die kruis.
Oupa Neels gaan binnekort oorgeplaas word na Eugene Marais Hospitaal in Pretoria vir rehabilitasie en die familie glo en vertrou dat hy binnekort weer op die herstel pad sal wees.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/101210/16-jarige-dood-ongeluk/
