
Die realiteit van eMalahleni se misdaad kan nie misgekyk word nie soos nog ’n string inbrake plaasgevind het.
Op 7 November is ’n verdagte man gewaar waar hy in ’n erf in Hollandstraat rondgesluip het.
Die eienaar het dadelik reageer en die South Africa Community Crime Watch (SACCW) ingeroep. Alhoewel die reaksielede nie baie lank gevat het voor hulle opgedaag het nie, het die verdagte intussen begin hardloop na ’n nabygeleë vlei en daar weggekruip.

Die verdagte wat in die vlei weggekruip het na hy amper op heterdaad betrap is op 7 November.
“Dit het ons seker 10 minute gevat om agter te kom die verdagte lê met net sy gesig wat uitsteek in die vlei,” het reaksielid, David Wessels gesê.
Die polisie is ontbied en die verdagte is ondervra.
Lees die VOLLE BERIG in die WITBANK NUUS vandag
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/102050/gaan-open-n-saak-smeek-polisie-en-saccw/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/94702/saccw-vang-een-verdagte-na-huisroof/
