Die afgelope week het ’n klein besigheid in die Sentrale Besigheid Gebied (SBG) ’n verlies gely na ’n rooftog.
Op 8 November het die eienaar van ’n winkel in Walter Sisulustraat sy winkel toegemaak na ’n harde dag van werk.
“Ek het alles gesluit en weer gekyk of al die slotte van die deur gesluit is. In die stadium het ’n ligte grys Volkswagen langs my winkel stilgehou en twee mans wat wapens gehad het, het uitgespring,” het mnr. Mohammed Bunzeni van die winkel gesê.
Die verdagtes het hom toe glo gedreig met swaar wapens waarop Bunzeni oor gegee het aan die rowers en sy winkelsleutel oorhandig het.
Die rowers het al die elektroniese goedere uit sy winkel gevat en op vlug geslaan.
Nog geen arrestasies is gemaak nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/101429/rowers-slaan-vrou-byt-dominee/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/102740/rowers-op-snelweg-platgetrek/
