CrimeNews

Vermiste vrou (53) dood in voertuig gevind

Wat in die laaste minute voor die 53-jarige me. Kotie Lubbe se dood verlede week gebeur het, is nog vaag en laat haar familie met meer vrae as antwoorde.

Wat in die laaste minute voor die 53-jarige me. Kotie Lubbe se dood verlede week gebeur het, is nog vaag en laat haar familie met meer vrae as antwoorde.

Die lewelose liggaam van me. Lubbe is Vrydag 24 November in haar with Toyota Fortuner deur familie gevind, waar dit voor haar werksplek in Watermeyrstraat geparkeer was. Sy is ’n paar uur voor haar dood as vermis aangemeld by die South African Community Crime Watch (SACCW) en nou doen die polisie ’n geregtelike doodsondersoek.


Wyle me. Kotie Lubbe (53).

Die polisie het Vrydag by die Lubbe’s se huis opgedaag met me. Lubbe se handsak. Die beampte het die handsak aan haar man, mnr. Tony Lubbe oorhandig en gesê dat hulle dit in die onderdorp gevind het.


Die wit Toyota Fortuner waarin die liggaam van me. Kotie Lubbe (53) Vrydag 24 November gevind is.

“Ek het die polisie gevra hoe kom hulle by my uit. Hulle kon my nie antwoord nie. Ek het gedink as die handsak van die onderdorp af kom, is sy alleen daar. My eerste instink was om so gou moontlik onderdorp toe te jaag. Die beampte het egter vir my gesê om saam hom stasie toe te gaan, sy kan moontlik daar wees.”


Familie van me. Kotie Lubbe (53) het Vrydag 24 November haar liggaam in haar voertuig gevind.

Mnr. Lubbe, vergesel deur sy buurman, is polisiestasie toe, maar me. Lubbe was nie daar nie.

Me. Jackie Lubbe, die egpaar se dogter, het gesê dat haar pa haar net na 18:00 gebel het om te kom help by die polisiestasie.

“Hulle kon my nie help by die stasie nie. Dit was baie swak diens,” het mnr. Lubbe gesê.

Terwyl Jackie by die polisiestasie gewag het, het mnr. Lubbe en sy buurman besluit hulle gaan haar in die onderdorp soek.

“Oppad onderdorp toe het my buurman gesê ons moet eers by haar werk stop en kyk of sy nie miskien daar is nie. Ek het omgedraai en teruggejaag na haar werksplek toe. Toe ek naby kom sien ek die Toyota Fortuner staan reg voor die deur, ek kan daardie kar enige plek uitken. Ek het uitgespring en na die voertuig gehardloop. Sy het met haar kop gebuig gesit en ek het die deur oopgeruk en geskree: Kotie! Kotie! Hoor jy my? Beide haar hande was binnekant toe gevou.”

*’n Geregtelike doodsondersoek word deur Witbank Polisie gedoen. Enigeen met inligting rakende die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, a.o. Marius Etsebeth te kontak: 060 937 5257.

Lees die VOLLE BERIG in die WITBANK NUUS uit op rakke vandag

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/101210/16-jarige-dood-ongeluk/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/89408/jongman-21-dood-gevind-op-plaas/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button