CrimeNews

Die krag van inwoners wat saam staan

Danksy die oplettendheid van inwoners is twee suksesvolle arrestasies verlede week gemaak.

Danksy die oplettendheid van inwoners is twee suksesvolle arrestasies verlede week gemaak.

Op 23 November is ’n rooftog gerapporteer op die Del Judor Uitbreiding 4 buurtwag-kanaal.

Voorsitter van die area en South African Community Crime Watch (SACCW) reaksielid, Stanley White het op die kanaal gevra dat inwoners op die uitkyk moet wees vir verdagtes met gesteelde goedere in hul besit.
om hulp gevra.

White het daarna ‘n direkte uitkyk gegee op die SACCW-oopkanaal te Zello waarin die publiek gevra is om op die kanaal te rapporteer indien hulle twee verdagtes met gesteelde goedere opmerk.


Die verdagtes wat gesteelde goedere in hul besit gehad het. Die South African Community Crime Watch (SACCW) en Witbank Polisie het op 23 November twee arrestasies gemaak. (Foto verskaf).

Binne enkele minute het inligting begin instroom. Met die inligting wat van die publiek ingesamel is, het reaksielede na die gebied gegaan en die verdagtes met al die gesteelde goedere betrap.

Die polisie het beide mans op die toneel gearresteer.

“Dit is presies wat ons hoop om te bereik wanneer die oop Zello-kanaal gebruik word om die publiek betrokke te maak in die stryd teen misdaad. “Dankie aan die publiek wat die inligting, wat tot hierdie arrestasie gelei het, deurgegee het,” het White ten slotte gesê.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103376/saccw-caught-another-suspect/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102050/gaan-open-n-saak-smeek-polisie-en-saccw/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button