Drie ongelukke in minder as ’n uur
Drie ongelukke het byna terselfdertyd in reënweer oor verlede naweek plaasgevind.

Drie ongelukke het byna terselfdertyd in reënweer oor verlede naweek plaasgevind.
Op Saterdag 25 November was daar ’n ongeluk tussen twee voertuie op die OR Tambo-brug, waar een bakkie in die ander vasgery het. Nog ’n ongeluk het kort daarna by die Sasol-vulstasie in Watermeyerstraat plaasgevind waar twee voertuie ook betrokke was. Een daarvan was ’n Nissan Juke.
In nog ’n ongeluk daardie aand het ’n bakkie, vol goedere gelaai teen ’n Toyota Conquest gebots.
Geen beserings is in enige van hierdie ongelukke opgedoen nie.
Nog ’n ongeluk het op Sondag 26 November op die ou Middelburpad plaasgevind, waarin een persoon haar lewe verloor het. Dit blyk of die voertuig waarin sy gery het, teen ’n trok gebots het, maar geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.

’n Ongeluk in OR Tamobstraat op Saterdag 25 November.
Mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder het in ’n persvrystelling gesê dat verkeerophoping gedurende spitstyd daartoe lei dat inwoners baie tyd op die pad spandeer en hierdie probleem sal drasties verminder word.
Hy het gesê dat goedkeuring ontvang is om punt diensmanne aan te stel om die vloei van verkeer by besige interseksies te verhoog.
28 Plaaslikes sal aangestel word om die interseksies te beman, wat as probleemareas geidentifiseer is en om die vloei van verkeer te verbeter.
Die stadsraad het R70 000 opsy geskuif vir verdere opleiding in hierdie gebied by die Boekenhoutskloof Verke
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/101210/16-jarige-dood-ongeluk/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/59189/gru-ongeluk-eis-lewe-24-jarige-ma-van-twee-sterf-tragies/
