
Die familie van wyle tannie Kotie Lubbe bied R15 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenis neming en vervolging van die verdagtes
Die lewelose liggaam van me. Lubbe is Vrydag 24 November in haar with Toyota Fortuner deur familie gevind, waar dit voor haar werksplek in Watermeyrstraat geparkeer was. Sy is ’n paar uur voor haar dood as vermis aangemeld by die South African Community Crime Watch (SACCW) en nou doen die polisie ’n geregtelike doodsondersoek.

Wyle me. Kotie Lubbe (53).
Die polisie het Vrydag by die Lubbe’s se huis opgedaag met me. Lubbe se handsak. Die beampte het die handsak aan haar man, mnr. Tony Lubbe oorhandig en gesê dat hulle dit in die onderdorp gevind het.

Die wit Toyota Fortuner waarin die liggaam van me. Kotie Lubbe (53) Vrydag 24 November gevind is.
“Ek het die polisie gevra hoe kom hulle by my uit. Hulle kon my nie antwoord nie. Ek het gedink as die handsak van die onderdorp af kom, is sy alleen daar. My eerste instink was om so gou moontlik onderdorp toe te jaag. Die beampte het egter vir my gesê om saam hom stasie toe te gaan, sy kan moontlik daar wees.”
*’n Geregtelike doodsondersoek word deur Witbank Polisie gedoen. Enigeen met inligting rakende die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, a.o. Marius Etsebeth te kontak: 060 937 5257.
