CrimeNews

Het jy jou buurman se nommer?

Hulle het gedink hulle is op ’n inkopietog toe die bure in Blanchville mekaar al begin bel en waarsku.

Diewe het hulself die naweek in waaksame inwoners vasgeloop. Hulle het gedink hulle is op ’n inkopietog toe die bure in Blanchville mekaar al begin bel en waarsku.

Daar was in die vroeë oggendure van Saterdag, 2 Desember gou manne op die toneel en die diewe het vinnig voet in die wind geslaan.

“Omdat my buurman my gebel het, het ons dadelik wakker geword en die diewe se bewegings begin dophou. Ek het die paniekknoppie gedruk en die sekuriteitsmaatskappy was dadelik daar. Toe die diewe vlug kon ek ander inwoners verder op betyds waarsku,” het me. Ena Vorster vertel.

Inwoners word gemaan dat die feesseisoen op hande is en inbrake gaan toeneem terwyl almal op verlof is. Maak seker jou alarm werk en maak seker jy het jou buurman se nommer.

Sê ook vir jou bure as jy met vakansie gaan sodat hulle ’n oog oor jou huis kan hou.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98821/verdagtes-vasgetrek-tydens-inbraak/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/73681/een-inbraak-nie-genoeg-nie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button