CrimeNews

Die dwelmstryd bly woed

Nog vier arrestasies is die afgelope week in eMalahleni gemaak in verband met dwelmgebruik- en handel.

Nog vier arrestasies is die afgelope week in eMalahleni gemaak in verband met dwelmgebruik- en handel.

Op 1 Desember het Witbank Polisie dwelms met ’n straatwaarde van R1 500 by ’n verdagte man gekry en hom gearresteer vir die besit van dwelms en dagga.

In nog ’n voorval op dieselfde dag het hulle nog twee verdagtes agter tralies gesit na daar vier pakkies dagga in hul besit gevind is.

Op 2 Desember het die polisie ’n klagte ontvang van die bestuur van ’n welbekende nagklub wat beweer het daar is ’n verdagte met dwelms in die klub.

Met hul aankoms het die klaer die verdagte uitgewys en die polisie het die man deursoek.

Hulle het op drie deurskynende plastieksakkies afgekom, twee was leeg en die ander een het ’n wit poeier in gehad.

Die persoon is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102216/die-definisie-van-dwelms-hel/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/6949/dwelms-eis-nog-twee-slagoffers/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button