CrimeNews

Geen leidrade in Lubbe-saak

Die naasbestaandes van me. Kotie Lubbe (53) soek steeds antwoorde na haar skielike dood twee weke gelede.

Die naasbestaandes van me. Kotie Lubbe (53) soek steeds antwoorde na haar skielike dood twee weke gelede
.
Haar liggaam is Vrydag 1 Desember deur haar man gevind in die Toyota Fortuner wat voor haar werksplek geparkeer was.

Die ondersoekbeampte, adjudant-offisier, Marius Etsebeth het gesê dat hy steeds wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek en dat die verslag moet terugkom van Nelspruit voor enige verdere inligting beskikbaar is.


Wyle me. Kotie Lubbe (53).

Die vooraf gebeure en haar skielike dood bly nog ’n raaisel. ’n Beloning van R15 000 is deur die familie beskikbaar gestel aan enigeen met inligting wat kan lei tot die in hegtenisneming en vervolging van verdagtes.

Die polisie het vroeër op die dag van me. Lubbe se dood by die huis opgedaag met haar handsak en daarna is haar man, mnr. Tony Lubbe inderhaas daar weg om sy vrou te gaan soek. Lubbe en sy buurman het me. Lubbe opgespoor voor haar werksplek, maar sy was reeds dood.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103419/vermiste-vrou-53-dood-voertuig-gevind/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103338/suspected-murder-kicks-off-16-days-activism/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button