
Talle motorbestuurders is vasgetrek die afgelope naweek en verlede week, nadat hul ’n gevaar op die pad was.
Op Saterdag 9 November het polisie by ’n toneel aangekom waar die een bestuurder van die toneel gevlug het, maar is later opgespoor.
Die man het glo na drank geruik en is na die polisiestasie geneem en aangekla vir roekeloos en of nalatige bestuur asook bestuur onder die invloed van alkohol.
Op Vrydag 8 November is ’n voetganger op die hoek van Jellico- en Nicolstraat raakgery waar die bestuurder van die toneel gevlug het. Met polisie se aankoms het die slagoffer in die pad gelê, en die polisie het tot die slotsom gekom dat ’n voertuig die man raakgery het. Hy is na Witbank Hospitaal geneem vir behandeling.
Op Donderdag 7 Desember het nog ’n voertuig omgeslaan op die ou-Middelburgpad en met die polisie se aankoms is die bestuurder na die naaste hospitaal geneem met ernstige beserings.
Nog ’n saak word ondersoek nadat ’n man in Hans Strydomlaan raakgery is. Die slagoffer het glo oor die pad geloop toe ’n wit Nissan bakkie hom gestamp het.
Die man in die Nissan het toe aan polsie vertel dat hy vir die slagoffer toeter geblaas het, maar nie besef het dat hy die slagoffer gestamp het nie. Die slagoffer het ligte beserings opgedoen en is na die naaste hospitaal geneem.
In al bogenoemde sake word roekeloos en of nalatige bestuur ondersoek en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/42101/vier-beseer-na-ongeluk-op-or-tambo/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/59825/gates-word-gevonnis/
