CrimeNews

Verkragters onder ons

Twee sake van verkragting is by Witbank Polisiestasie geopen en word tans ondersoek.

Twee sake van verkragting is by Witbank Polisiestasie geopen en word tans ondersoek.

In die eerste geval op Woensdag 6 Desember het ’n meisie vermis geraak in Hlalanikahle waarna haar ouers haar as vermis aangemeld het by Vosman Polisiestasie. Haar vriend het haar glo by ’n vriendin se huis gaan haal en hulle is saam na Bronkhorstspuit waar sy seksuele omgang gehad het met hierdie vriend.

Die vriend is 21 jaar oud, waar die slagoffer slegs 16 jaar oud is en sy is na Witbank Hospitaal geneem vir ondersoek.

Nog ’n geval is by die Witbank polisie aangemeld waar ’n slagoffer van drie jaar oud betrokke was.

Sy het aan haar ouers vertel hoe die man vreemde dinge doen en die verdagte is glo op dieselfde plot woonagtig.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102333/tien-jarige-glo-verkrag/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/65995/huilende-vrou-word-verkrag/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button