CrimeNews

Feesseisoen vir kapers

Met sy terugkeer na Ogies het ’n wit Mercedes hom van agter ingehaal en blou ligte het begin flikker.

Met die feesseisoen in volle swang, loop inwoners erg deur onder kapers en rowers.

Op 7 Desember het nog ’n blou lig-voorval op die N12-snelweg plaasgevind.

Volgens die slagoffer was hy in eMalahleni die dag om besigheid voor die feesseisoen te kom afhandel.

Met sy terugkeer na Ogies het ’n wit Mercedes hom van agter ingehaal en blou ligte het begin flikker.

Die slagoffer het glo afgetrek en die kapers het hulself voorgedoen as polisiebeamptes van die dwelm-eenheid.

Hul het hom gevra om sy voertuig te deursoek.

Hulle het beide die agterdeure van die voertuig oopgemaak en die man begin rondruk. Hulle het daarna in die man se voertuig geklim en begin ry.

Die kapers het die man na omtrent 45 minute langs die pad afgelaai en op vlug geslaan met sy voertuig.

Op 14 Desember was nog ’n inwoner die slagoffer van ’n kaping toe drie gewapende mans die slagoffer by sy tuiste in Tasbetpark ingewag het.

Daar word beweer dat die slagoffer op pad was werk toe, toe drie onbekende mans hom oorval het soos hy by sy hek uitgery het.

Die kapers het op die slagoffer begin skree om uit sy voertuig te klim en te maak soos hulle sê.

Gelukkig het die slagoffer daarin geslaag om sonder beserings weg te kom van die booswigte af.

Ongelukkig is geen van die slagoffers se voertuie teruggevind nie.

ALSO READ:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/94810/kyk-uit-vir-kapers/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/101507/mans-car-hijacked-hitch-hikers/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button