Hoërskool Generaal Hertzog se 2017-matrikulante en personeel is ongelooflik trots en baie dankbaar vir puik prestasies na afloop van die bekendmaking van die 2017 matriekuitslae.
Die Manjifieke Maroen het weereens daarin geslaag om ‘n 100% slaagsyfer te behaal en onder die top vyf skole in Mpumalanga te eindig.
114 leerders kwalifiseer vir graadstudies en 68 kwalifiseer vir diploma-studies by tersiêre instellings.
97.4% van HGH se kandidate kwalifiseer dus vir verdere studies by ‘n universiteit of kollege.
HGH se 2017 matriekgroep het met harde werk en onder leiding van baie bekwame onderwyspersoneel ‘n uitmuntende 185 onderskeidings behaal en spog met ‘n graad-gemiddeld van 62%.
Baie geluk aan die volgende leerders wat elkeen sewe onderskeidings behaal het.
Ruan Viljoen is HGH se toppresteerder van 2017. Hy spog met ‘n skitterende gemiddeld van 91.7% en behaal onderskeidings in die volgende vakke:
Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering en inligtings tegnologie.
Adam Erwee spog met ’n gemiddeld van 89.1%. Adam behaal onderskeidings in die volgende vakke: Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering en inligtings tegnologie.

Ingrid Venter met ’n gemiddeld van 88.9%. Ingrid behaal onderskeidings in die volgende vakke: Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering en inligtings tegnologie.

Lily-Marie Naude met ’n gemiddeld van 86%. Lily-Marie behaal onderskeidings in die volgende vakke: Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie.

Anja Els se gemiddeld is 84.9%. Anja behaal onderskeidings in die volgende vakke:
Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde, geografie en lewensoriëntering.

Baie geluk aan Gloria Ngwenya wat spog met ‘n gemiddeld van 84.9% en ses onderskeiding behaal het.

Die volgende leerders het elkeen vier onderskeidings behaal: Tsholofelo Magagula, Dollie Thotse, Ismail Gani, Corailie Walton, Chrizaan Nel, Chané Piek en Sonette van Jaarsveld
13 leerders behaal elk drie onderskeidings. 21 leerders behaal elkeen twee onderskeidings en 35 leerders behaal elkeen een onderskeiding.
