CrimeNews

Voertuie in helder daglig gesteel

In twee dae, is drie voertuie gesteel en die eienaars van die voertuie gestrand langs die pad gelos.

Buiten jou huis, is jou voertuig een van jou waardevolste besittings. In twee dae, is drie voertuie gesteel en die eienaars van die voertuie gestrand langs die pad gelos.

Op Vrydag, 22 Junie, is ’n man in die onderdorp van sy Golf 7 beroof. Hy het vertel hoe hy en sy vriend by die verkeerslig stilgehou het toe twee mans uit die voertuig voor die Golf 7 uitspring en na hulle voertuig hardloop.

Die mans het die slagoffer en sy vriend beveel om op die agtersitplek te gaan sit. Die slagoffer het aan die polisie vertel hoe die mans op hul selfone gepraat het om brandstof in die hande te probeer kry, aangesien die voertuig leeg was. Die slagoffer is met ’n vuurwapen in die gesig geslaan en na ’n hele ent is die twee vriende in ’n veld afgelaai. Hulle het gaan hulp soek en is na die naaste polisiestasie om ’n saak te open.

LEES OOK

Verwag enige tegniek vir kapings

Kapings se syfers klim

Op 22 Junie is nog twee sake van voertuigdiefstal by die Witbank Polisie geopen.’n Wit Sprinter is teruggekry, maar ongelukkig nie die sigarette wat daarin was nie. Die slagoffer het vertel hoe hy op pad terug eMalahleni toe, verdagte mans na hom sien aangestap kom het. Hy is met ’n vuurwapen gedreig, langs die pad gelos en die mans is weg met die slagoffer se voertuig.

Dié is later in Vosman naby ’n skool opgespoor, maar die 18 kartonne sigarette wat hy vroeër die dag in Middelburg gekoop het, was gesteel.
Op dieselfde dag is ’n Nissan bakkie gesteel, met sleepwa en ’n waterpomp. Die slagoffer het gesê hoe hy ongeveer 19:00 op die snelweg gery het en langs die pad gestop het toe die nood druk. Kort voor lank het ’n BMW agter die slagoffer se voertuig gestop en twee mans het ’n vuurwapen in die slagoffer se rigting gehou en vir hom gesê hy moet by die passasiersitplek inklim.

In die voertuig was hy beveel om plat te lê en nog twee verdagtes het in sy bakkie geklim. Hy is iewers langs die N12-snelweg afgelaai waarna hy om hulp gaan soek het.

Bogenoemde sake word steeds deur die Witbank Polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button