CrimeNews

Kort voor middernag beroof

’n Besigheid in Plumerstraat het die naweek nog ’n statistiek geword.

’n Besigheid in Plumerstraat het die naweek nog ’n statistiek geword.

Op Donderdag, 9 Augustus, het gewapende mans ’n geleentheid gesien en omstreeks 23:52 by bogenoemde besigheid ingebreek.

Die sekuriteitswag het aan die polisie vertel dat hy ’n wit Toyota Quantum in die area sien ry het.

LEES OOK

Besighede beroof, eienaars moet skadegeld opdok

Nege vulstasie-winkels in ’n maand beroof

Die wag het gesê dat hy besig was by die klokpunt toe twee mans skielik ’n geweer in sy rigting hou. Hy is beveel om op die vloer te lê en het gehoor hoe glas breek.

Hy het kort daarna iemand hoor hardloop en die man wat hom beveel het om plat te lê, is ook in ’n haas daar weg.

Die wag het gesien hoe die mans in die Quantum klim en wegry. Die gesteelde items kon nie vasgestel word nie, maar die mans het toegang verkry deur die glasdeur wat gebreek is. Die mans het isiZulu gepraat.

Die saak word tans verder ondersoek deur die Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button