Afskeid na 12 jaar
Hulle was altyd behulpsaam en het ons laat voel asof ons deel van die span was.
Oom Wessie en Tannie Mary Coetzer skryf:
Dit is met groot deernis en nostalgie dat ons na 12 jaar as kliënte, maar hoofsaaklik as verskaffers afskeid geneem het van Saveway Superspar en sy personeel.
Dit sal baie onregverdig wees om eers te begin name noem, anders laat ons iemand uit, daarom wil ons net ons diepste dank betuig aan Dimitri en sy hele bestuurspan, asook elkeen van die personeel, selfs tot by die laagste posisie, wat ons in al hierdie tyd met wonderlike vriendelikheid bedien het.
Hulle was altyd behulpsaam en het ons laat voel asof ons deel van die span was.
Dit was ook duidelik dat daar ʼn baie goeie verhouding in die werkplek bestaan.
Julle is sonder twyfel absoluut ʼn puik span en mag julle en Saveway Superspar van krag tot krag gaan want julle verdien om ondersteun te word.
Hartseer groete.
