Local newsNews

GPF gee aan polisielid

Kolonel Ester Motabeng het geen assuransie gehad nie en het alles verloor.

Gedurende Desember verlede jaar het een van Witbank SAPS offisiere verbonde aan die registrasie-afdeling van Witbank SAPS ’n dubbele tragedie beleef toe haar man op 22 Desember oorlede is en op 25 Desember het haar huis in Pretoria ook heeltemal afgebrand as gevolg van ʼn elektriese kortsluiting.

Kolonel Ester Motabeng het geen assuransie gehad nie en het alles verloor.

Die Witbank gemeenskapspolisiëringsforum het deur middel van hul lede ’n projek geïnisieer naamlik die ‘CPF Angels’ en meubels en elektriese toebehore en klere vir kol. Motabeng ingesamel.

Brigadier Mokwatlo, die stasiebevelvoerder van Witbank SAPS het die Witbank GPF bedank en gesê dit is verblydend om te sien dat die GPF nie net met die bekamping van misdaad betrokke is nie, maar ook by gemeenskap projekte betrokke is en veral die lief en leed van Witbank polisie se lede op die hart dra.

Kol. Motabeng sê sy het nie woorde om die GPF van Witbank en hul lede te bedank nie, maar het gesê, ”Mag God hul ryklik seën vir hul onbaatsugtige bydrae om haar lewe weer in orde te kry.”.

Die sekretaresse van Witbank GPF, Madelon Troske, het al hul lede bedank wat hul harte geopen het vir die projek.

Indien jy by jou naaste GPF betrokke wil raak en saam met Witbank SAPD misdaad wil bekamp, kan jy Madelon Troske by 084 556 4810 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button