Polisiekaptein se dienste opgeskort
Hy wou egter nie verder uitbrei of redes verskaf vir die skorsing nie.
Die polisie-kaptein in wie se kar Maryka Bezuidenhout was voor haar dood, is Dinsdag, 21 Mei geskors.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie het bevestig dat kapt. Awie Geldenhuys, wat by Witbank Polisiestasie werksaam is, se dienste opgeskort is.
Hy wou egter nie verder uitbrei of redes verskaf vir die skorsing nie.
Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) ondersoek die saak sedert Maryka se dood op 27 Januarie toe haar liggaam naby Kranspoort op die Loskopdam-pad aangetref is.
Opod-woordvoerder, mnr. Moses Dlamini het vandag bevestig dat hulle steeds besig is met hul ondersoek.
LEES OOK:
‘Hoe is ons dogter dood op die N11?’
