Johan Anker en Danie Botha by Christusfees dié naweek
Die fees wat oor die hele naweek strek skop Vrydag 31 Mei af en eindig Sondag 2 Junie.
Die Sion Gemeente Witbank bied dié naweek ’n Christusfees aan.
Die fees wat oor die hele naweek strek skop Vrydag 31 Mei af en eindig Sondag 2 Junie.
Dit vind by die Hoër Tegniese Skool plaas.
Vrydag om 18:00 is daar ’n Loop vir Jesus wat plaasvind.
So trek aan jou tekkies en kom deel in die pret.
Loop vir Christus begin by Checkers by Saveways Sentrum en eindig by die Hoër Tegniese Skool.
Om 19:00 is die bekende gospel sanger Danie Botha aan die beurt.
Almal is Saterdag reeds vroeg uit die vere.
Die oggend begin met ’n massa-rit van Reynorif Klub na die Hoër Tegniese Skool.
Deur die dag tree verskeie kunstenaars op.
Een van die sangers wat optree is Johan Anker wat almal verbaas het met sy weergawe van die bekende lied ‘Hallelujah’ tydens The Voice.
Mamma en pappa kan deur die vlooimark wandel, lekker koffie gaan drink, na die verskillende uitstallings kyk terwyl die jonger garde hulself op die springkastele vermaak.
Sondagoggend begin om 09:00 met lofprysing en sang.
Ingang na die fees is gratis, maar donasies sal welkom wees.
Die Feed-the-miner projek gaan ook ondersteun word, as jy blikkieskos en nie-bederfbare produkte bring, sal dit baie waardeer word.
